Dros-verkragter: Meisie roep en roep uit badkamer

Lees ook :

Luidens die klagstaat het die sewejarige meisie wat in die Dros-restaurant verkrag is, uit die vrouebadkamer geroep en geroep.

Haar ma en ander mense het die toiletdeur probeer oopstoot, maar iemand het dit glo van binne af toegedruk.

Die meisie is op 22 September 2018 saam met Nicholas Ninow (21), halfpad ontklee, in die hokkie gevind. Haar ma het haar dadelik uit die hokkie gegryp.

Na bewering het Ninow die meisie se broekie in die toilet probeer wegspoel.

Hy het met sy gordel na die mense geslaan wat hom wou aankeer.  Net voordat Ninow in hegtenis geneem is, is hy aangerand, vermoedelik deur die mense wat hom betrap het.

Die meisie is dieselfde dag na ’n dokter geneem. Haar geslagsdele was gekeus, geswel en geskeur.

Luidens die klagstaat was die sewejarige meisie saam met haar ma op die dag van die voorval by die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria.

Die meisie se ma het begin bekommerd raak nadat sy haar dogter, wat badkamer toe was, na ’n hele ruk begin soek het en haar nie kon kry nie. Dis toe dat sy die kind uit die vrouebadkamer hoor roep het.

Die klag van ontvoering kom nadat Ninow die kind in die toilet hokkie vasgekeur het en haar van haar bewegingsvryheid ontneem het.

Die saak is uitgestel tot September wanneer Ninow op aanklag van verkragting, ontvoering, besit en gebruik van dwelms, aanranding en regsverydeling tereg sal staan.

Die klag van aanranding verwys na die bewering dat hy mense met sy gordel wou slaan.

Die klag van regsverydeling is omdat hy bewysstukke, soos die slagoffer se broekie, probeer vernietig het deur dit weg te spoel.

Luidens die klagstaat sal die staat ’n tussenganger aanstel om die kind tydens die verhoor by te staan. Dit sal ook die kind help deur nie in die beskuldigde se teenwoordigheid te wees nie.

In gevalle soos dié getuig ‘n kind uit ’n kamer met kringtelevisie met behulp van die tussenganger wat vrae aan die kind in verstaanbare terme oordra.

Sekere dele van die verhoor mag ook in camera wees weens die betrokkenheid van ’n minderjarige kind en die verwagte sensitiewe aard van die getuienis.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App