Rhodeslaan in Rhodesdene het vroegoggend op 16 Februarie 2019 in ’n rivier verander nadat kiloliters water in die pad afgestroom het toe ’n waterpyp gebars het.
“Die pyp het ongeveer 6:00 vanoggend gebars. Dit is dadelik rapporteer, maar die munisipaliteit het eers drie ure later opgedaag en baie van ons kosbare drinkwater is gemors. Ons is woedend,” het ’n inwoner van Rhodeslaan aan FiND iT vertel.
Munisipale werkers was besig om water uit te pomp om voort te gaan met herstelwerk toe FiND iT die toneel verlaat het.
Kimberley het tans ook waterbeperkings en kan daarom nie waterverlies bekostig nie.