Duisende liters munisipale water stroom in Rhodeslaan

Lees ook :

Rhodeslaan in Rhodesdene het vroegoggend op 16 Februarie 2019 in ’n rivier verander nadat kiloliters water in die pad afgestroom het toe ’n waterpyp gebars het.

“Die pyp het ongeveer 6:00 vanoggend gebars. Dit is dadelik rapporteer, maar die munisipaliteit het eers drie ure later opgedaag en baie van ons kosbare drinkwater is gemors. Ons is woedend,” het ’n inwoner van Rhodeslaan aan FiND iT vertel.

Munisipale werkers was besig om water uit te pomp om voort te gaan met herstelwerk toe FiND iT die toneel verlaat het.

Kimberley het tans ook waterbeperkings en kan daarom nie waterverlies bekostig nie.

Video opgeneem deur Roche Maritz.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief