“Een dag op ‘n slag om my doelwit te bereik,”-Sonja

Lees ook :

As sy dit kan doen, kan enigiemand dit doen. Só sê Sonja Jennings (30) wat vir die volgende drie maande aan Jolene Herselman, se Weight date with Jo, gaan deelneem.

Jolene is ‘n persoonlike afrigter wat vir FiND iT drie van haar kliënte gekies het om aan dié drie maande se transformasie deel te neem.
In dié tyd oefen die drie kliënte by Jolene. Hulle hou FiND iT se lesers ook op hoogte van hulle vordering.

Agtergrond

Sonja is in Kimberley gebore en het hier groot en “GROOT” geword, spot sy! Sy is al vyf jaar met die “wonderlikste man” oop aarde, Donathan, getroud. “Ons het nog nie kinders nie, maar glo liewe Jesus sal ons seën wanneer die tyd reg is.”

Hoekom deelneem?

Sonja het besluit om deel te neem omdat sy sukkel om gewig te verloor. “As ek dit kan doen, kan enige iemand dit doen. Mens wil beter oor jouself voel en lyk.”

Voorts sê sy sy doen hierdie vir haarself en vir niemand anders nie.” Ek wil net elke dag beter wees as gister. Al vat dit hoe lank, ek vat dit een dag op ‘n slag.”

Motivering en Uitdagings

Vir haar was die eerste rukkie regtig ‘n uitdaging. “Ons afrigter, Jolene, help ons baie en sy het ook vir ons ‘n eetplan gegee wat baie help.”
Om gesonder te eet is beslis een van die grootste uitdagings vir Sonja. “Ek het maar ‘n ou soettandjie of ses hoor,” lag sy.

Sy sê hulle is ‘n lekker groep mense wat saam oefen en wat mekaar motiveer. “My man speel ook ‘n groot rol in die hele proses. Hy motiveer my ook baie.”

Raad

Volgens haar maak sy nie net aanpassings nie, maar sy maak ‘n leefstyl daarvan. “Dit is regtig nie maklik nie, maar glo in jouself. Jy is sterker as wat jy dink. Jy kan dit doen!”


Sonja se raad is dat jy die regte hoeveelheid stysel en suiker moet inneem. “Eet genoeg proteïene, vrugte en groentes en drink baie water.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App