Een Suid-Afrika vir Almal – Die eerste TV-advertensie van die DA vir 2019

Lees ook :

Die DA het hulle eerste TV-advertensie vir 2019, in afwagting vir die algemene verkiesing op 8 Mei 2019, bekendgestel.

“Vandag stel ons die eerste TV-advertensie van die 2019 verkiesingsveldtog bekend, wat gevolg sal word deur ‘n reeks advertensies op TV, radio en reklameborde. Dit sal die kern van ons aanbod aan kiesers oordra,” sê Solly Malatsi, ’n nasionale woordvoerder van die DA.

“Vandag se advertensie dra die visie en missie van die verenigde Suid-Afrika uit. Dit vertel die storie van ‘n land met groot potensiaal en groot mag in die diversiteit van sy inwoners. Die Demokratiese Alliansie is die enigste politieke party wat daartoe verbind is om Nelson Mandela se visie van ‘n verenigde, versoende, vooruitstrewende en nie-rassige Suid-Afrika vir almal te laat realiseer,” verduidelik Malatsi.

Malatsi sê: “Meningsopnames is bemoedigend en bewys dat Suid-Afrikaners die DA se boodskap van ware verandering steun sodat ons een Suid-Afrika vir almal kan bou. Dis egter belangrik om elke moontlike platform te gebruik om ons boodskap verder en verder te versprei tot die finale stembrief op 8 Mei 2019. Ons gaan ook van deur tot deur, stadsaal tot stadsaal, radiostasie tot radiostasie en SMS tot SMS in hierdie taak om elke huis te bereik.”

“Ander probeer om ons te verdeel, maar die DA werk daaraan om te verenig en te bou. Ons sal nooit wegstap van die noodsaak daarvan om ‘n land te bou wat aan al sy inwoners behoort nie. Dit is dalk moeilik, maar ons glo dat Suid-Afrikaners wel een Suid-Afrika vir almal wil bou,” vertel Malatsi.

“Ons wil alle Suid-Afrikaners, ongeag hul ras, daaraan herinner om die wekroep van ons nasionale volkslied te hoor. Ons leef in ‘n wonderlike land met merkwaardige potensiaal. As ons verenig is in ons diversiteit, kan ons ons struikelblokke oorkom,” sluit Malatsi af.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief