Eens bedrywige veeldoelige sentrum tot niet

Lees ook :

et die geraamtes van die gebou in Ravenstraat, Roodepan, en herinneringe word aan die gemeenskap nagelaat nadat vandale die gebou finaal geplunder het.

“Die veeldoelige sentrum is gebruik vir allerhande funksies soos troues, begrafnisse, opvoerings en daar was ook sportaktiwiteite vir die jeug en selfs dansklasse,” vertel Erick Kok.

“Die gebou was in sy spogdae baie bedrywig en die gemeenskap het dit baie gebruik vir multikulturele aktiwiteite. Daar is gemeenskapsvergaderinge gehou en selfs fiksheid- en selfverdedigingsklasse aangebied. Dit het ‘n baie positiewe impak op die gemeenskap gehad.”

“Vanaf 2014 tot einde 2016 het Project Sk8 ‘n geleentheid gebied aan die minderbevoorregte jeug van Roodepan om skaatsplank te ry. Dit het ook baie van die jeug van die straat af gehou weg van verkeerde dinge. Die projek het geleentheid gebied aan die jeug om ook deel te neem aan skaatsplankkompetisies by die Diamond-skaatsplankpark en het ook die Skate for Hope-organisasie na Roodepan genooi waar die jeug met hulle professionele helde kon skaatsplank ry. Omdat daar geen geskikte geriewe was nie, het ons gebruik gemaak van die veeldoelige sentrum wat meer as genoeg plek vir al die kinders gehad het en ‘n oppervlak wat geskik was. Ongelukkig moes ons as Project Sk8 na ‘n paar maande skuif weens die booswigte wat alles in hulle vermoë gedoen het om ons daar uit te kry. Hulle het elke keer die plek binnegedring en bemors en afgebreek.”

“Op die oomblik is dit moeilik om te sê aan wie die gebou behoort, maar dit was toevertrou aan die departement van publieke werke. Ek dink nie daar is enige planne in plek vir die gebou nie, maar ek hoop dat dit opgeknap kan word sodat die gemeenskap weer voordeel daaruit kan trek. Dit sal beslis ‘n groot verskil en ‘n positiewe impak maak in Roodepan. Die gemeenskap het so ‘n plek dringend nodig. ”

FiND iT het vir Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, gekontak vir meer inligting oor die toekoms van die gebou en is deur hom verwys na die woordvoerder van die departement van openbare werke, Crystal Robertson. Robertson het nie op ons vrae geantwoord nie en het ons vriendelik versoek om vir Matsie by Sol Plaatje-munisipaliteit te kontak.,

FiND iT se vrae aan die departement:

  • Wie is die eienaar en verantwoordelike party vir die instandhouding van die gebou?
  • Is die departement bewus van die toestand van die gebou tans?
  • Is daar enige planne vir die gebou in die toekoms?
    Waarom word die gebou nie meer gebruik nie?

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief