Elizma Theron se vermiste niggie onthoof gekry

Lees ook :

Die sangeres Elizma Theron se niggie wat sedert Woensdag vermis was, se lyk is Vrydagoggend in die suidelike nywerheidsgebied van Windhoek in Namibië naby ‘n treinspoor, gekry. Sy is onthoof.

Elna-Marie Abbott (29) was ‘n sjef en is Woensdagaand ongeveer 21:30 as vermis aangemeld.

‘n Namibiese koerant, Die Republikein berig dat die polisie in Namibië bevestig het dat dit Abbott se lyk is wat naby ‘n winkelsentrum gevind is.
“Abbott se silwerkleurige Volkswagen Golf 5 met die registrasie nommer N2 7434 WB is nog op soek,” so sê hoofinspekteur Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie.

Die omstandighede rakend haar dood is nog nie vasgestel nie.
Theron het Donderdag op haar Facebook-blad gevra mense moet help soek na Abbott.

Nog ‘n Namibiese koerant, Die Informante, berig dat die lyk Vrydagoggend deur ‘n treinkondukteur op die treinspoor gesien is. “Daar word vermoed dat sy op ‘n ander plek vermoor is en na die treinspoor gevat is, “ het Theron Vrydag gesê.

Luidens die koerant is haar lyk op die treinspoor gesit sodat dit kan lyk asof sy vermoedelik haar eie lewe geneem het. Haar kop is meters verder onder ‘n sleepwa gekry.

Elizma Theron

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief