Elna-Marie Abbott (29), wie se lyk Vrydagoggend op ‘n treinspoor in die suidelike nywerheidsgebied van Windhoek in Namibië gevind is, se kar is gevind.
‘n Namibiese koerant, Die Informante, berig die silwerkleurige Golf 5 is in die Ausspannplatz in ‘n parkeerterrein van Merensky Tower in Windhoek se middestad gevind.
Abbott se motor is sowat 2 km van haar onthoofde liggaam gekry. Haar lyk is deur ‘n treinkondukteur op die treinspoor gesien is. “Daar word vermoed dat sy op ‘n ander plek vermoor is en na die treinspoor gevat is,” het Elizma Theron, niggie van Abbott, Vrydag gesê.
Daar word vermoed dat Abbott vermoor is omdat die merke aan haar liggaam nie ooreenstem met die van die wiele van ‘n trein nie
Elna-Marie Abbott (29) was ‘n sjef en is Woensdagaand ongeveer 21:30 as vermis aangemeld.