Die Wildeklawer-toernooi het gister 2 Mei 2019 behoorlik gegons met al die ouers en sportspanne.
ER24
ER24 was ten alle tye langs die veld en het ook ‘n toegeruste tent gehad waar hulle beseerde spelers ondersoek het.
Geen ernstige beserings nie
“Ons is nogal besig met al die beserings, maar gewoonlik is dit erger by sulke sporttoernooie. Gelukkig het ons nog geen ernstige beserings gehad vandag nie,” sê Pieter Bekker, ER24 se streeksfunksiekoördineerder.
“Ons het nog net die gewone beserings gehad soos harsingskudding, steke en skouerontwrigtings. Die ergste besering wat ons nog sover vir die dag gehad het, was erge harsingskudding van ’n speler op die B-veld. Hy gaan vir so twee of drie weke nie op die veld kan wees nie.”
