Eunice-leerder sterf tydens landloopbyeenkoms

Lees ook :

Foto's: Facebook

BLOEMFONTEIN. – ’n Gr. 7-leerder aan die Laerskool Eunice het Vrydag tydens ’n landloopbyeenkoms inmekaargesak.

Melindé Odendaal (13) is oorlede tydens haar deelname aan dié byeenkoms.

Volgens die skool weet hulle nog nie wat die oorsaak van haar dood is nie en ’n nadoodse ondersoek moet nog gedoen word.

Mev. C. Harris, die skoolhoof van Eunice, sê hulle is baie hartseer oor die verlies van een van hulle dogters. “Dankie vir die simpatie wat getoon word.”

Liesel Odendaal, Melindé se ma, het onlangs op haar Facebook-blad op ’n foto van haar dogter gesê: “Hoe gaan Mamma sonder jou aangaan my liefste liefste,  laggende, positiewe perfekte,  Poppedops, Bekkie, Sussie, Melinds?”

Carinda Janse van Rensburg skryf: “Wat ‘n wonderlike kosbare kind… Sy het soveel mense se lewens aangeraak met haar mooi van binne en buite. Daar is ‘n gat in ons lewens sonder jou Melindé.”

“Melindé skat.  Ons harte is in stukke.  Van jou eerste tree tot jou laaste tree het ek die voorreg gehad om jou te ken, en dit was ‘n eer! Jou presence het ‘n hele vertrek opgehelder.  Ek kan verstaan dat Liewe Jesus gevoel het, jou purpose is uitgeleef, want jy het in 13 jaar meer beteken vir hierdie wêreld wat ander mense in ‘n leeftyd kan doen.  Dit maak dit nie minder seer nie. JY was my baby training, sleepover poppie, jou drukkies het alles reggemaak en jou gesiggie smile van baba tyd af al. Die wêreld het baie verloor.  Ons mis jou, en sal altyd.  Rus sag my skat.  #MelindeOdendaal,” sê Kiki Smit.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App