Feitlik blinde vrou vra vir asdromme vir herwinning

Lees ook :

Carol de Kock (60) is sedert geboorte siggestremd. Sy het slegs 5% sig in haar linkeroog en kan niks sien met haar regteroog nie. “Dit is oorerflik,” vertel Carol wat op drie weke aangeneem is.

Nadat sy haar biologiese ma, wat nie met haar wil kontak hê nie, vier jaar gelede opgespoor het, het sy uitgevind haar oogtoestand is van beide haar biologiese ouers oorgedra.

Herwinningsprojek

Vir die afgelope drie jaar versamel Carol enigiets wat herwin kan word, onder andere bokse, glas, plastiek, papier en blikke.

Carol vertel sy het vir die afgelope drie jaar, nadat sy afgetree het as vrywillige werker by die stadskliniek, dit haar doel gemaak om Kimberley ‘n skoner dorp te maak. “Ek doen dit om twee redes: om myself besig te hou en omdat ek lief is vir diere. Dit maak my hart so seer as ek sien ‘n dier is dood as gevolg van enige blikke of papiere wat rondlê.”

Ekstra inkomste

Sy bly tans in n woonstel agter in sendelinge se erf en vertel die buurman kla gereeld oor al die rommel in die erf.” Hy sê hy het rotte op sy erf oor al die rommel, maar ek het geen rotte op my erf nie. Hy het my al gedreig met die munisipaliteit.”

Carol hou die herwinningsmateriaal in swart sakke in die erf totdat sy ‘n geleentheid kry om dit na die biblioteek in die middestad te neem. “My staatspensioen is minder as my huur en deur die herwinningsmateriaal in te gee, kry ek ‘n ekstra inkomste.”

Sy vertel Pick & Pay Rhodesdene het haar gewoonlik gehelp met vervoer, “maar hulle is party dae so besig dat weke verbygaan voor hulle my kan help.”

Help Carol met asdromme

Carol verduidelik dat sy graag wil aanhou om Kimberley skoon te hou, maar om voort te gaan met haar projek benodig sy ten minste 10 swart asdromme om die herwinningssakke daarin te hou vir solank as wat sy wag vir vervoer.

Indien jy Carol wil help, kan jy haar kontak by 065 944 3766 of 073 618 2840.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App