FiND iT het die voorreg gehad om met Irene Haasbroek van Ateraksi te gesels. Ateraksi beteken rustige toestand en dit is presies wat Irene vir haar kliënte bied.
Ateraksi is n gesertifiseerde multi-dissiplinêre praktyk wat spesialiseer in moderne sielkundige praktyke soos kognitiewe gedragsterapie, lewensafrigting, berading, bewustheid en hipnoterapie.
Verskillende metodes
Hierdie verskillende metodes word gebruik om mense toe te rus om negatiewe en disfunksionele patrone, wat die toestand van jou emosies/gemoedstemming, jou optrede en selfs jou fisiese toestand. beïnvloed, te herken. Jy kan jou skadelike manier van dink en doen verander en dit vervang met gesonder maniere van dink, redeneer en doen.
Die doel
Die doel hiervan is om sterker verhoudings te bou, om gewoontes wat jou terughou te breek, om buite jou omstandighede te dink en oplossings te kry om jou lewenswyse suksesvol te verander.
Jou geestesgesondheid en algemene welsyn kan baat daarby om probleme, deur n negatiewe emosionele toestand of stresvolle situasies veroorsaak, deur te werk.
n Groter bewustheid van jou omstandighede as behandeling vir emosionele en geestesafwykings, ongewenste gewoontes en gevoelens, kan jou help om sinvolle alternatiewe vir huidige onbevredigende maniere van denke, gevoelens en gedrag te vind .
Meer aandag moet gegee word aan wat in die hede gebeur, in plaas van om in die verlede te leef of te wonder oor die toekoms.
Dit is Irene se passie om mense te help en haar persoonlike leuse is: “The purpose of life, is to live.” Sy wil mense help om ‘n beter kwaliteit lewe te hê.
Sy wil jou help en bemagtig om in jouself te groei en beter te word. Sy wil jou help om verantwoordelikheid te neem om jouself te wil verbeter, deur vinnige en maklike maniere.
Wat sy nog doen
Irene help ook mense om op te hou rook, met woedekwessies, met enige slegte gewoontes, angsaanvalle, gewigsverlies, asemhalings- en geboortetegnieke, truamaberading, asook hoe om deur ‘n groot verandering te werk.
Kontak haar gerus deur hierdie skakel te volg
http://find-it.co.za/gids/wpbdp_category/health-and-fitness/