Verskeie buurte in Kimberley is vandag 15 Februarie 2019 sonder water gelaat nadat ’n waterpyp by Newton-opgaardam gebars het.
Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipalteit, sê: “Een van die waterpompe by Newton is afgeskakel terwyl herstelwerk plaasvind. Alle hoëliggende areas word affekteer.”
Tydens ’n oorsiginspeksie by die dam in Januarie was die area waar die pyp gebars het onder water.