Geen einde aan studentebetoging nie

Lees ook :

Geen boeke, verblyf, dosente of toelae nie – dit is die rede hoekom studente van die Northern Cape Urban Tvet College-kampus in Galeshewe vir die afgelope ses weke ontstoke is.

Net rook waar jy kyk

Studente het vanoggend weer voor die kampus saamgedrom, waar hulle bande en takke gebrand het om hulle ongelukkigheid te betoon.

Ongelukkige studente

Volgens Lesego Thebeeapelo, een van die studente, is die hoof die oorsaak van al die probleme.” Hy het nie die dosente se kontrakte hernu nie, want volgens hom het hulle nie die regte kwalifikasies nie.”  Hy sê ook dat hulle al hoeveel keer by hom was en met hom gaan praat het, maar die hy wil volgens hom niks weet nie.

Geen verblyf

Thebeeapelo vertel nie een van die student het op die oomblik verblyf nie, omdat hulle toelaag nie aan hulle betaal is nie. “Die studente word uit hulle blypekke gesit wat hulle huur, omdat hulle nie hul verblyf kan betaal nie.

Nog ‘n student, Zandisile Rhezela, sê hy ondersteun die betogers omdat die studente hulle wil help. “Hulle staan op vir ons en weet dis ons toekoms wat hiervan afhang. Ons gaan voortgaan om te betoog totdat daar na ons geluister word.”

Volgens Steffanus Cornelius , woordvoerder van Nahawu in die Noord-Kaap, ondersteun hulle die betogings. “Ons besef die studente is ongelukkig. Ons het more (Donderdag) ‘n vergadering om die probleme rondom die boeke, toelaag en verblyf op te los.”

Oplossing

Volgens Steffanus Cornelius , woordvoerder van NEHAWU in die Noord-Kaap, ondersteun hulle die betogings. “Ons besef die studente is ongelukkig. Ons het more (Donderdag) ‘n vergadering om die probleme rondom die boeke, toelaag en verblyf op te los.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App