Voorlopig sal die watertoevoer na Kimberley nie op Saterdag 26 Januarie 2019 en Sondag 27 Januarie gesny word nie.
Sol Plaatje-munisipaliteit het sedert November 2018 waterbeperkings ingestel. “Ek is baie bekommerd oor die waterbeperkings wat verlede naweek in Kimberley vir 24 uur ingestel is. ’n Taakspan is saamgestel om kort-, medium- en langtermyn oplossings vir Kimberley se waterkwessies te vind. Ek en die taakspan gaan ook die watersuiweringsaanleg by Riverton besoek. Ek is toegewyd om enige krisis te voorkom wat uit ons huidige situasie mag ontstaan. Ek is vasberade om stabiliteit en doeltreffende dienslewering in Sol Plaatje te verseker,” verduidelik Alderman Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester van Kimberley.
Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Indien die reëling verander, sal Kimberley se inwoners onmiddellik in kennis gestel word.”