Gemeenskap help bokse aflaai

Lees ook :

Lede van die gemeenskap het gisteraand hulle harte oopgemaak, in hulle motors gespring en gehelp om 6 000 bokse af te laai. AfriForum het gisteraand in Kimberley gestop met ’n trok met 6 000 bokse vir die Boks vir ’n Boervrou-Projek.

Boodskappe om hulp is uitgestuur en kort voor lank het die motors met mense een na die ander gestop. Almal het spoedig ingespring en begin aflaai.

Anneke Kruger, wat die bokse stoor totdat dit na hul bestemmings vervoer word, sê: “Ek gaan nie name noem nie, want om eerlik te wees, ek het van hulle nie eers geken nie. Maar aan elke liewe persoon wat gisteraand sonder om te huiwer in hulle karre gespring het om te kom help toe ’n HUGE trok  hier na sewe kom stop met amper 6 000 bokse – baie baie baie dankie! Julle het my weer opnuut laat glo in naasteliefde. Nie net het julle my kom help nie, maar elke liewe vrou wat ’n pakkie gaan ontvang.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App