Gesonde peuselhappies

Lees ook :

KIMBERLEY – Drie etes ’n dag voel nie altyd genoeg nie. Iets om aan te peusel, klink altyd lekker, maar dit is nie altyd so gesond en goed vir jou figuur nie. Almal wonder altyd watter peuselhappies nou reg of gesond is en waaraan hulle kan snack.

Wat eet ek ?

Dedré Steynberg, ‘n dieetkundige van Kimberley, vertel dat daar beheer uitgeoefen moet word oor peuselhappies. Dit is belangrik om te besef ’n gesonde happie nie uit ’n pakkie of ’n botteljie kom nie. ’n Vrug of iets wat uit die aarde gehaal is, bevat geen kleurmiddels, chemiese preserveermiddels of verfynde suikers nie.

Hoekom peusel ek?

Volgens Dedré kan peuselhappies ’n belangrike deel vorm van ons dieet. Dit verskaf energie na ’n harde oefening of  ’n lang dag. Dit help ook om die ergste honger te verlig en kan keer dat jy jouself ooreet met die volgende maaltyd.

Wat mag ek eet?

Sy noem dat vars vrugte, opgesnyde groente, neute, melk, kaas, ongegeurde jogurt, maaskaas, en selfs vleis, vis, hoender of eier in kleiner porsies goeie peuselhappies is. Hierdie voedsel is natuurlik en bevat geen versteekte middels nie. Hou porsies in gedagte wanneer jy eet en vermy peuselhappies met suiker as een van die eerste bestanddele op die lys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief