Gesteelde vragmotor teruggekry

Lees ook :

Saterdag 13 April omstreeks 07:30 was lede van die Noord-Kaapse provinsiale dienste en reddingseenheid, kapt. JC Seely, AO Romein, sers. Van der Merwe, sers. Riet; Cst Rasengo en konst. Bandow besig met die uitvoering van misdaadvoorkomingspatrollies in die Kimberley-omgewing. Omstreeks 07:45 het hulle ‘n verslag ontvang van ‘n opsporingstoestel oor ‘n gesteelde wit Isuzu-vragmotor met registrasienommer BWF504 NC. Hulle het toe die rigting gevolg wat deur die opsporingstoestel aangedui is. Die gesteelde vragmotor is op ‘n oop veld in Smidtsdriftweg gevind. Die vragmotor se battery is verwyder en die linkervoorwiel is beskadig.
Na ondersoek het hulle ontdek dat die vragmotor by Galeshewe SAPD gesteel is. Die lede het na die CCTV-opname by 'n supermark gekyk en gevind dat die vragmotor oorkant die supermark se parkeerterrein gelos is om 22:43 die vorige aand. 'n Moontlike verdagte kon aan die misdaad gekoppel word op grond van die beeldmateriaal.

 

Die ondersoek is aan die gang.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App