Gesteelde vuurwapen van Ganyesa-besigheid op Kuruman gevind

Lees ook :

TRT-polisiebeamptes met verdagte en gesteelde vuurwapen.

Die Kimberley-polisie se taktiese reaksiespan (TRT) het op 13 Januarie 2019 ’n vuurwapen wat by ’n besigheid in Ganyesa in die Noord-Wes provinsie gesteel is op Kuruman gekry.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, sê: “Ons TRT-span het baie hard gewerk om die wapen wat na die roof van ‘n besigheid in Ganyesa as gesteel aangemeld is terug te kry. ’n Man in sy dertigs is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen nadat hy deur polisiebeamptes oortuig is om die geweer na die Kuruman-polisiekantoor te bring. Die man beweer dat verdagtes van die rooftog in Ganyesa die geweer aan hom verkoop het. Die man en die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief