Gewone mense nou die hoofborg van Afrikaans is Groot 2019

Lees ook :

Van nou af gaan die publike die hoofborg van die gewilde Afrikaans is Groot-vertonings wees en bly. Só het Afrikaans is Groot (AIG), Dinsdag, by ’n mediakonferensie aangekondig .

Daarom het AiG saam met Solidariteit Helpende Hand die #JouAiG-veldtog van stapel gestuur om intrinsieke klem te plaas op die eienaarskap wat kaartjiehouers in die AiG-ervaring het.

Luidens ’n persverklaring van AIG is die AIG-veldtog ’n inisiatief wat deur die direksie en kunstenaars van Afrikaans is Groot en Helpende Hand gedryf word om vir die publiek as individue, groepe of besighede die geleentheid te bied om as ’n amptelike hoofborg van dié konsert in te tree.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het die veldtog bestempel as ’n gemeenskapsinisiatief. “Jou Afrikaans is Groot!

Maak nie saak waar jy die klem plaas in die sinsnede nie, jy lig jóu eienaarskap van Afrikaans en hierdie puik inisiatief uit,” het hy gesê. Hy meen Helpende Hand het dié inisiatief voorgestel aangesien dié welsynsorganisasie amptelik as begunstigde van die AiG-konserte aangewys is en as gemeenskapsorganisasie nou graag deur sy lede in AIG wil terugploeg.

Luidens die verklaring sal ’n eksklusiewe vertoning, genaamd #JouAiG, op 28 November 2019 aangebied waar 6 000 kaartjies teen R800 elk aangebied sal word om as ’n hoofborg in te staan. Elke kaartjie wat verkoop word sal dien as ’n bydrae tot die bestaan van AiG en elke kaartjiehouer van dié konsert sal ’n hoofborg van die konsert wees. Winste van die aand word ook aan Helpende Hand bemaak.

Elke hoofborg se naam sal op die skerms by die konserte vertoon word en in ’n spesiale AiG-2019 program verskyn. Hoofborge se name sal ook deel vorm van die Afrikaans is Groot-handelsmerk. Kaartjies vir die #JouAiG-vertoning sal van 29 Maart om 10:00 by Computicket beskikbaar wees.

Groepe en besighede kan as hoofborg intree deur kaartjies vir die #JouAiG-vertoning te koop en dan vir Afrikaans is Groot by info@afrikaansisgroot.co.za te laat weet hoe hulle naam gelys moet word.

Volgens die direksie van AiG is die vertonings gebore uit ’n gees van trots vir die Afrikaanse taal, kultuur en gemeenskapskrag en het dié handelsmerk ’n kontrak met die publiek om hierdie gees uit te brei. “Ons kan net met groot dankbaarheid die borge bedank wat gehelp het om oor die jare van AiG ’n groot sukses te maak. Elke persoon wat ’n kaartjie koop bly egter steeds individueel ook die borg van AiG en maak ’n unieke bydrae tot hierdie skouspelagtige kultuurgeleentheid,” het Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AiG, gesê.

Pretorius sê Afrikaans is Groot staan elke jaar op die skouers van sy kaartjiekopers en bou die organisasie elke jaar voort op sy verhouding met die publiek wat toustaan om kaartjies te koop. AiG het sedert 2012 meer as 592 000 konsertgangers met 83 vertonings in Pretoria en Kaapstad gedien.

Die publiek word ook genooi om hul ondersteuning te wys deur om saam met AiG-kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Riana Nel, Jay, Demi Lee Moore en Karlien van Jaarsveld die #JouAiG-plegverklaring aanlyn by www.jouaig.co.za te onderteken. Of SMS die woord JouAiG na 39950 (SMSe kos R2) om jou pleg te maak.

Afrikaans is Groot 2019 vind tussen 22 November en 1 Desember plaas, by die Sun Arena by Time Square in Pretoria en daar kan uitgesien word na van die land se grootste kunstenaars soos, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Jay, Corlea, Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Tarryn Lamb, Dewald Wasserfall, Ricus Nel, Snotkop en Ruhan du Toit. Karen Zoid is ook vanjaar weer terug.

Oudergewoonte sal daar ook ’n paar verrassings wees.
Van dié gewilde kunstenaars was Dinsdag by die aankondiging teenwoordig om hul steun aan die veldtog te verleen


Hannes Noeth en Karlien van Jaarsveld.

Demi Lee Moore en Steve Hofmeyr.

Demi Lee Moore en Steve Hofmeyr.

Demi Lee Moore, Steve Hofmeyr , Barry Pretorius, Ernst Vorster, Hannes Noeth en Karlien van Jaarsveld


Hannes Noeth, Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Barry Pretorius en Demi Lee Moore.

Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Barry Pretorius en Demi Lee Moore.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief