Goeie plan vir die Noord-Kaap benodig, sê DA

Lees ook :

DA Premierskandidaat, Andrew Louw

Die DA in die Noord-Kaap sê hulle is beïndruk met dr. Zamani Saul, die premier van die Noord-Kaap, maar sê hy gaan ’n goeie implementeringsplan en tydraam by die provinsiale rede moet voorlê.

Luidens ’n persverklaring deur Andrew Louw, provinsiale leier van die DA, het Saul in die eerste paar weke waardevolle beloftes gemaak om die uitgawes van plaaslike regering te verminder. Voorts sê hy die premier het homself, sy kabinet en senior beamptes aan leefstyloudits verbind en die premier beoog om ’n stewige ministeriële handleiding vir die provinsie saam te stel. 

Louw sê hulle is beïndruk met die houding van Saul – tot ’n mate is dit ’n spieëlbeeld van die DA se beleid. “Ons wil meer oor die premier se plan hoor en hoe hy sy beloftes gaan realiseer,” verduidelik hy.

Die premier het die politieke wilskrag om die gesondheidsdepartement om te draai. Dit is die departement wat die meeste mense raak, maar wat ook die swakste presteer, sê Louw. 

Hy sê verder dit is belangrik vir die premier om te besluit of hy die aanstelling van kaders in die provinsie gaan stopsit. Louw sê die DA wil graag weet wat die plan van die premier is om by disfunksionele munisipaliteite in te gryp.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief