Helé Anante Wansbury Instagram-rekening “hacked”

Lees ook :

Helé Anante Wansbury (19) is nie iemand wat maklik gaan lê nie. Ook nie wanneer die handelsmerk wat sy oor die afgelope twee jaar deur moeilike omstandighede opgebou het, net so uitgewis word nie. Sy word as een van die top 25 Instagram-“influencers” van Rooi Rose gesien en is ook ’n finalis vir die Sarie-voorbladgesig.

Oefenklere-reeks met Instagram

Helé, eienaar van Avanté Clothing en Fitbury Suid-Afrika, het ’n Instagram-blad met amper 30 000 aanhangers. Sy het haar oefenklere-reeks slegs met dié blad gebou – wat twee dae gelede net verdwyn het.

Self verkope hanteer deur Instagram

“Ek was teen die grond. My blad is net toe. Ek kom glad nie by iemand uit by Instagram wat my kan help nie. Ek weet nie of dit ge’hack’ is nie. Daagliks verloor ek inkomste, aangesien ek persoonlik al my verkope hanteer het deur my blad.”

Helé, wat ’n “influencer” is en met meer as 20 bekende handelsmerke werk, is grotendeels bekommerd oor haar kliënte.

Tienermamma en entrepreneur

“Ek is ’n trotse ambassadeur vir dié handelsmerke. Hulle glo in my en ek vereenselwig my met oorgawe met dié handelsmerke. Wat hier gebeur het, is onverstaanbaar. Ek weet nie of dit iemand is wat my wil bykom nie.”

As ’n tienermamma van haar seuntjie, Zayn (amper 2), en entrepreneur op so ’n jong ouderdom, weet Helé wat dit beteken om moeilike omstandighede te oorkom.

Begin weer van voor

“Ek moes op my eie bou aan my onderneming en dit is ’n sukses. Fitbury en Avanté doen ongelooflik goed, maar ek ís my handelsmerk. Ek leef dit elke dag. Nou begin ek maar weer van voor.”

Nadat dit aanvanklik vir Helé gevoel het of haar hele lewe vergaan, het sy besluit dit help nie om te gaan lê nie.

Nuwe Instagram-blad

“Ek glo my boodskap en my aanhangers is gebou op kommunikasie en vertroue in dié mense wat my tot dusver gevolg het. Dit sal wonderlik wees om al die gesigte weer op my nuwe blad te sien!”

Helé kan bereik word by haar nuwe Instagramblad: https://www.instagram.com/heleanantewansbury

Die handelsmerke wat sy verteenwoordig is:

  • Influencer
  • Gary Rom Hair
  • Kryolan Northern Cape
  • Kelvin Leece Jewelry
  • Nel optometrist
  • Keiro Hair Extensions
  • Ambassadeur
  • SkinnyTan SA
  • Go Brown Mobile Tanning
  • Hamiltons Gin and Tonic
  • Heart Beet
  • Renew Beauty Clinic
  • Urban Market Stellenbosch
  • Vosk Shoes
  • The shoe page
  • The Hip shop
  • Hashtag the collection
  • Masch
  • Toalla Towels
  • Liv Feminine Care
  • Keamickes Permanent makeup and Aesthetics
  • Instep
  • Ambassador
  • Mooi Skin Care

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App