[t4b-ticker]

Help Anneke met sesde behandeling

Lees ook :

Anneke Rossouw wat in 2018 met ’n aggressiewe velkanker, maligna melanoma, gediagnoseer is, moet binnekort gaan vir haar sesde behandeling.

Hulle het egter nog R50 500 nodig voor eerskomende Woensdag vir haar behandeling van die 25ste Februarie. Anneke Kruger, wat haar hart oopgemaak het om Rossouw te help, sê hulle kry tans swaar en sukkel om die nodige fondse in te samel vir die volgende behandeling.

Fondsinsamelings:

Rossouw self maak kerrie-en-rys wat mense by haar kan bestel. Kruger het ook weer kolwyntjies gebak vir Valentynsdag.

Trustfonds

Daar is ook ’n trustfonds gestig vir Rossouw. Kruger doen ’n vriendelike beroep op mense van die gemeenskap om elkeen asb. ’n maandelikse bydrae van R100 te maak om te help met die fondse. Sy bedank almal wat reeds hulle bydrae gemaak het.

Gee voorstelle

Kruger sê hulle sal graag weer ’n kunstenaar Kimberley toe wil laat kom om ’n geleentheid te reël om nog fondse in te samel. Sy vra dat julle vir haar voorstelle sal gee van mense wat julle graag sal wil sien.

Bankbesonderhede

Kry die besonderhede hier.

http://find-it.co.za/2019/01/16/trustfonds-gestig-vir-kankerlyer/
http://find-it.co.za/2019/01/16/trustfonds-gestig-vir-kankerlyer/

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief