Die meeste mense weet reeds dat die jaarlikse KANSA Relay for Life nie Vrydagaand kon plaasvind nie weens die heerlike reën.
“Met die sopnat velde waarop die mense sou moes loop en die elektriese drade wat op die veld sou lê, het ons besluit om die geleentheid af te stel,” sê Andries van der Merwe, organiseerder van die geleentheid.
Grootse projek
“Die KANSA Relay for Life is die projek waar ons die grootste inkomste genereer, ons moet steeds R200 000 insamel om ons begroting te behaal,” verduidelik Andries. “Ongelukkig sal ons nie die geleentheid weer van vooraf kan aanbied nie – ons uitgawes is net te veel.”
Raad nodig
Andries en sy span het egter raad en hulp nodig hoe om steeds hulle beplande begroting te bereik.
Voorstelle
’n Ses ure KANSA Replay For Life.
’n Massiewe stap of ’n mark?
Gee asb. voorstelle!
Geld gaan vir:
Ondersteuning vir 322 volwassenes en 28 kinders wat almal behandeling ontvang. Ons gaan saam met hulle dokter toe om die diagnose te verduidelik.
1 344 Telefoniese konsultasies. Nie net vir die pasiënte nie, maar vir die families ook.
514 Kantoorkonsultasies
Groot aantal pasiënte wat tuisbesoek ontvang
5 425 mense wat bereik word met praatjies
32 Mediese toerusting wat uitgegee word aan pasiënte
“Soos julle kan sien, is hierdie getalle hier bo ’n groot diens in die gemeenskap vir die stryd teen kanker,” sê Andries. “En met julle bydrae kan ons net soveel meer doen.”
Andries hoop hy kry sommer ’n hele klomp amazing ideas!
Kontak Andrie van der Merwe by 084 242 2220