HNK eerstespan klop Maritzburg College

Lees ook :

Die Hoërskool Noord-Kaap(HNK) het Saterdag, 23 Maart, teen Maritzburg College by die Pirates klub in Kimberley rugby gespeel.

Volgens Wian Jacobs, onderwyser by HNK, het die span hulle goed van hul taak gekwyt en as die wenspan weggestap. HNK het Maritzburg College 34-24 gewen.

Die puntemakers vir die dag was:

Drieë:

Jessie-Owen Denation (1)
Seanrique Daniels (1)
Elzandro Fredericks (2)

Strafskoppe:

Elzandro Fredericks (4)

Volgens Jacobs het Jessie Bester ‘n baie goeie wedstryd gehad terwyl Elzandro en die reserwe vleuel, JJ Molete uitgeblink het op die veld.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief