Hoërskool Diamantveld se atlete blink uit

Die afgelope twee naweke het Hoërskool Diamantveld se atlete puik prestasies gelewer tydens Diamantveld se uitnodigingsbyeenkoms en die Hartswater Top 20. Diamantveld-uitnodigingsbyeenkoms Die Diamantveld-uitnodigingsbyeenkoms is op Saterdag 2 Februarie gehou en die atlete het 24 goue medaljes, 22 silwer medaljes en 23 brons medaljes gewen. Rekords en prestasies is...

Die afgelope twee naweke het Hoërskool Diamantveld se atlete puik prestasies gelewer tydens Diamantveld se uitnodigingsbyeenkoms en die Hartswater Top 20.

Diamantveld-uitnodigingsbyeenkoms

Die Diamantveld-uitnodigingsbyeenkoms is op Saterdag 2 Februarie gehou en die atlete het 24 goue medaljes, 22 silwer medaljes en 23 brons medaljes gewen.

Rekords en prestasies is deur die volgende atlete behaal:


Zineldi van Heerden, D 0/19 – 800m.
Stiaan le Roux, S 0/19 – Hamergooi

Ruan le Roux – Beste junior seuns veldatleet
Stiaan le Roux – Beste senior seuns veldatleet

Hartswater Top 20

Daar het 38 atlete van die Hoërskool Diamantveld op Saterdag, 9 Februarie tydens die Hartswater Top 20 byeenkoms deelgeneem.

Die atlete het skitterend presteer en verower 12 goue medaljes, 15 silwer medaljes en 8 brons medaljes. Die byeenkoms het ongelukkig om 15:00 die middag uitgereën.

Die volgende atlete verower goue medaljes:


Ruan Watts – S 0/15 – 300m hekkies
Ben-Tony Gerber – S 0/15 – Verspring
Stiaan le Roux – S 0/19 – Hamergooi (nuwe rekord)
Gareth Bosman – S 0/15 – Hoogspring
Marizaan Ferreira – D 0/17 – 200m
Zineldi van Heerden – D 0/19 – 200m & 800m
Alwyn Odendaal – S 0/15 – Hamergooi (nuwe rekord) & Gewigstoot
Henrico Badenhorst – S 0/17 – 800m
Ruan le Roux – S 0/15 – Diskusgooi
Liané Burger – D 0/17 – Spiesgooi

Baie geluk aan al die atlete met die goeie prestasies.

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde

Vrou sterf tydens tref-en-trap

Buurman skuldig nadat buurmeisie (13) geboorte skenk

Paar vir versekeringsbedrog en geldwassery gevonnis terwyl een in tronk is

Lotto uitslae vir 13 April 2024

ACSA sê oor brandstoftekort op lughawens

KYK: Water uit ‘n toilet as ‘gesuiwerde water’ verkoop

As dit nie jy kan wees, soek ek niemand anders nie…

Een sterf en een kritiek toe voertuig tydens ongeluk rol