Honderde deursoek – 28 in hegtenis

Lees ook :

KIMBERLEY. – Honderde persone is deur die polisie deursoek, en beslag is op ondermeer 150 pakkies dagga, vier kratte bier, 20 liter tuisgemaakte brou, R20 000 koper en ‘n paar gevaarlike wapens gelê.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê twaalf Frances Baard-polisiestasies, die departement van binnelandse sake en die plaaslike verkeersdienste het die week in Kimberley ‘n soekoperasie gehou.

“Die polisie het inligting opgevolg wat hulle gelei het tot die informele nedersettings in Hullstraat en Kenilworth. Twaalf mans en vroue is in hegtenis geneem omdat hulle besoek permitte aan Suid-Afrika reeds verval het.”

Die polisie het na die ander woongebiede en die Kimberley middestad beweeg, waar hulle ‘n manlike verdagte in hegtenis geneem het vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere. ‘n Battery van sowat R15 000, ‘n platskerm-TV, ‘n Dell-skootrekenaar, ‘n industriële broodrooster, grassnyer, DSTV-dekodeerder, motorradio, twee gasbottels en twee kampstoele is gevind. Die meeste van die items was splinternuut en het ‘n beraamde waarde van R100 000.

Altesaam vyf vroue en tien mans is ook in hegtenis geneem vir verskillende misdade soos die handel in dagga, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en omdat hulle onwettig in Suid-Afrika is, terwyl ander ‘n boete van R1 500 opgelê is vir die onwettige handel van alkohol.

Al die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief