Hospitaal in Kimberley besmeer met bloed

Lees ook :

’n Pasiënt van Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal, wat anoniem wil bly, het Vrydagoggend hospitaal toe gegaan vir ‘n lewensgevaarlike noodgeval. Sy het omstreeks 08:00 by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal opgedaag weens erge bloeding. Teen 11:00 is sy nog deur geen dokter gesien het en het nog steeds in die ry gesit en wag. Omdat dit ‘n noodgeval was en sy nie langer kon wag nie, het sy hulp by ‘n privaat dokter gaan soek.

Sy het aan FiND iT foto’s verskaf van hoe vuil en bebloed die publieke badkamers is. “Toe ek gaan vra of daar skoon badkamers is wat ek kan gebruik, het die suster aan diens gesê dat dit net vir die personeel is. Sy het ook gesê dat daar geen toiletpapier vir die publiek is nie, net vir die personeel.”

“Nadat mens meer as drie ure daar moet sit en wag, kan mens nie eers die toiletgeriewe gebruik nie.”

Lulu Mxekezo, woordvoerder van die departement van gesondheid, het teen publikasie nog nie kommentaar gelewer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief