Hospitaal in Kimberley besmeer met bloed

Lees ook :

’n Pasiënt van Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal, wat anoniem wil bly, het Vrydagoggend hospitaal toe gegaan vir ‘n lewensgevaarlike noodgeval. Sy het omstreeks 08:00 by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal opgedaag weens erge bloeding. Teen 11:00 is sy nog deur geen dokter gesien het en het nog steeds in die ry gesit en wag. Omdat dit ‘n noodgeval was en sy nie langer kon wag nie, het sy hulp by ‘n privaat dokter gaan soek.

Sy het aan FiND iT foto’s verskaf van hoe vuil en bebloed die publieke badkamers is. “Toe ek gaan vra of daar skoon badkamers is wat ek kan gebruik, het die suster aan diens gesê dat dit net vir die personeel is. Sy het ook gesê dat daar geen toiletpapier vir die publiek is nie, net vir die personeel.”

“Nadat mens meer as drie ure daar moet sit en wag, kan mens nie eers die toiletgeriewe gebruik nie.”

Lulu Mxekezo, woordvoerder van die departement van gesondheid, het teen publikasie nog nie kommentaar gelewer nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief