HTS-landsdiens ondersteun Shavathon

Lees ook :

Die Hoër Tegniese Skool in Kimberley (HTS) se landsdienslede het vroeër vandeesmaand hulle hare ten bate van kanker laat kleur.

Die skool se landsdiens bestaan uit ongeveer 45 lede is onder leiding van Olga Burger, ook ’n onderwysers by die skool.

Betrokke by KANSA

“Ons was vir lank nie betrokke by KANSA nie, maar het in 2018 weer betrokke geraak,” vertel Olga. Die lede het op 15 Februarie vanjaar ’n Savathon by die skool gedurende pouse gedoen. “Dis ons reëls dat die seuns se hare en kort en netjies is,” sê Olga.

Landsdiens baie aktief

Olga sê HTS is een van die skole in Kimberley wie se landsdiens baie aktief is. “Een van ons groot liefdes is die liefde vir ons medemens en ook om KANSA te ondersteun. Al Kimberley se landsdiensklubs was by die KANSA Relay for Life betrokke.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App