Huilende baba doodgeslaan, “deur demone beset”

‘n Sewe maande oue baba is na bewering Sondag in Duduza naby Nigel met ‘n tuingraaf doodgeslaan. Die baba is na bewering doodgeslaan omdat sy nie wou ophou huil nie en die vermeende moordenaar oortuig was sy is deur demone beset. Luidens ‘n berig op Maroela Media het die...

‘n Sewe maande oue baba is na bewering Sondag in Duduza naby Nigel met ‘n tuingraaf doodgeslaan.

Die baba is na bewering doodgeslaan omdat sy nie wou ophou huil nie en die vermeende moordenaar oortuig was sy is deur demone beset.

Luidens ‘n berig op Maroela Media het die baba se ouma haar in die sorg van ‘n vriendin en haar kêrel gelos. Die vriendin het glo die baba in haar kêrel se sorg gelos toe sy vinnig winkel toe is om sap vir die baba te gaan kry.

Met haar terugkoms het die baba bewegingloos gelê. Die baba het ’n oop wond aan haar kop gehad en ernstige beserings aan haar liggaam.

Die kêrel het gesê die baba wou nie ophou huil nie en hy het gedink sy is deur demone beset. Hy het haar toe met ’n tuingraaf geslaan. Hy is op die toneel in hegtenis geneem.

Die man sal weer op 19 Februarie in die hof verskyn. Tot dan sal hy in die Duduza-polisiestasie in aanhouding bly.

Lotto uitslae vir 20 April 2024

Groenewald en Greeff se appèl suksesvol

Omstanders gryp glo vrag van brandende vragmotor

Vier sterf in ongeluk naby Port Shepstone

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Willem Botha spog met eie parfuum

Onbekende mans sterf toe vragmotor hulle voertuig tref

Mooiweer die naweek verwag

Universiteit van Fort Hare gee binnekort graad aan 19-jarige

Powerball uitslae vir 19 April 2024

Man kry lewenslange vonnis vir verkragting van meisie (12)

Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle verwag ’n dogtertjie

Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

 Kyk: Jan Jan Jan en dansende Kwagga vermaak