Huisalarm dryf buurt tot raserny

Lees ook :

KIMBERLEY – Inwoners in Herlear in Kimberley het genoeg gehad van ’n alarm by ’n huis in die buurt wat deur die dag en nag skreeu.

Dit kom ná verskeie inwoners op sosiale media gekla het.

’n Inwoner wat die alarm opgeneem het, sê hulle hoor dit ontydig sedert verlede week. Hy het die tye vasgestel – dit blêr 24 uur vir twee minute aan met twee minute van stilte voor dit weer begin, sê hy.

Volgens ’n boodskap in ’n gemeenskapsgroep op WhatsApp is die eienaar van die huis opgespoor, maar sy is na bewering uitstedig en kon nie onmiddellik iets daaraan doen nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief