WES-KAAP. – Joslin Smith (7), ‘n gr.1-leerder van die Primêre Skool Diazville op Saldanhabaai, is sedert Maandag 19 Februarie 2024 vermis.
André Truter, die uitvoerende burgemeester van Saldanhabaai en die Weskus-distriksmunisipaliteit, sê die polisie was amper die hele dag op ‘n toneel om ondersoek in te stel.
Die munisipaliteit het ‘n hommeltuig beskikbaar gestel en die gemeenskap het saam gesoek, maar tot dusver was die soeke na Joslin sonder sukses.
Primêre Skool Diazville het ‘n sosialemediaplasing gemaak en ouers gevra om na die jong meisie te soek. Die skool het in kommentaar op hulle plasing gesê: “Baie dankie vir u ondersteuning. Ons vertrou op die Here en ons bly positief oor Joslin. Sy was gister olik en was nie by die skool nie. Sodra ons enige verdere inligting ontvang, sal ons met die toestemming van haar mamma dit met u deel. Almal het baie vrae oor die omstandighede rondom haar verdwyning. Kom ons gee haar mamma kans om alles wat tans aan die gang is te verwerk en ook te hanteer. Baie dankie vir u omgee. Diazville PS”
Volens inligting was die meisie moontlik in die geselskap van ‘n onbekende seun naby die Diazville-kliniek gesien.
Sy was in ‘n denim kortbroek en ligblou T-hemp geklee.
Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, kan die polisie op Saldanha by 022 714 8333, Kelly, haar ma by 063 710 3601, Primêre Skool Diazville by 022 7141 645 of Missing Children South Africa by 072 647 7464 bel.
Lees die burgemeester se volledige sosialemediaplasing hier onder:
UPDATE ON JOSLIN SMITH.
SAPS have been on scene most of the day and have done extensive investigations. These investigations are ongoing.
West Coast District Municipality kindly dispatched their Drone Team and did various flight operations in the area.
The Community rallied together and have searched non-stop. Sadly all the searches have not yielded anything positive.
We request that you keep Joslin in your prayers. We also request to please refrain from spreading unverified information. Should you receive any information you must contact your closest SAPS.
Thank you to everyone that has contributed in one way or another. Let’s keep the faith!!
I will post an update as soon as I receive information.
Bronne: Diazville Facebook-blad, André Truter, Missing Children South Africa





