Hupstoot vir gemeenskapondernemings

Lees ook :

Die Wholesale and Retail Sector Education and Training Authority (W&RSETA) beoog om met die gemeenskapsontwikkelingsprogram (CEDP) ongeveer 6000 entrepreneurs oor die volgende 20 maande op te lei en te ondersteun.

Volgens ’n pamflet deur W&RSETA vrygestel is, is dit die doel dat die entrepreneurs teen die einde van die program in gemeenskappe in landelike gebiede in ‘n posisie sal wees waar dit vir hulle moontlik sal wees om met gevestigde besighede en buitelandse handelaars te kompeteer.

Jozi Gomba , ’n Sol Plaatje-raadslid, sê: “Sol Plaatje is geëerd om deel van hierdie program te wees. Kimberley is ’n stad van eerstes. Ons stad is die tweede stad in die wêreld wat straatligte gekry het en dit was ook ’n eerste vir kleinskaalse myners om hulle lisensies te kry. ”

“Dit was ’n informele operasie, maar die regering wil die mynbedryf formaliseer. Onthou wanneer dit informeel is, word dit as ’n grysmark bedryf. Daar is ’n fliek, genaamd Blood Diamond, wat die gevare van ’n grysmark uitbeeld. Terwyl dit informeel is, weet die myners nie waar om hulle diamante te verkoop nie. Dit is gevaarlik en so kan myners hulle lewens verloor. Indien die proses geformaliseer word, weet die myners waar om hulle diamante te verkoop. Op die ou end wil ons die omstandigehede vir die myners verbeter,” verduidelik Gomba.

Patrick Marekwa, uitvoerende burgemeester van die Francisbaard-distrik: “Informele besighede speel ’n belangrike rol in ons gemeenskappe. Dit is van uiterste belang dat ons ongelykheid, armoede en werkloosheid uitwis. Daarom bedank ons al die belanghebbendes wat hierdie projek moontlik maak.”

Vereistes vir ondersteuning:

  • Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees.
  • Jy moet ouers as 18 wees.
  • Jy moet in die gemeenskap of landelike gebied gebaseer wees.
  • Jy moet ’n bestaande besigheid of ’n nuwe besigheid hê of afgetree wees.
  • Jy moet oor basiese geletterdheid en ‘n syfervermoë beskik.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief