Ignoreer fopnuus oor “iets” in drinkwater

Lees ook :

’n WhatsApp-kettingboodskap wat inwoners van Kimberley waarsku om weg te bly van kraanwater omdat ’n onbekende voorwerp in die munisipale water beland het, is fopnuus, sê Sol Plaatje-munisipaliteit.

Die vals boodskap waarsku: “Moet asb ni di water drink want municipality het nu net laat weet dat daar iets in di water geval het so wees versigtig en hou asb di kinders vani krane af weg asb.Str aan as j n hart vr ane mense,” (sic)

Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Daar is geen naam van die skrywer of ’n datum waarop dit uitgereik is by die fop-waarskuwing  geplaas nie. Daar is geen waarheid in die aantygings wat gemaak word nie. Ignoreer dit asseblief.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief