Luidens ’n persverklaring het Mase Manopole, die LUR van gesondheid in die Noord-Kaap, ’n inspeksie by die nuwe hospitaal vir geestesgesondheid geweier.
’n Afvaardiging van die DA wat onder andere Andrew Louw en lede van die provinsiale wetgewer insluit, is toegang geweier. Louw sê die DA is teleurgesteld in Manopole, wat ook vantevore ’n lid van die wetgewer was en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, verstaan.
Die hospitaal is nog nie operasioneel nie ten spyte van R2 biljoen wat oor die afgelope 15 jaar hier spandeer is, sê Louw.
Die DA gaan die saak met die provinsiale wetgewer opneem.