Inwoner ontdek ongewenste passasier in motor

Lees ook :

Foto: Verskaf.

VREDEHOEK, KAAPSTAD: ’n Inwoner van Vredehoek het vanoggend tot haar skok ’n ongewenste passasier in haar motor betrap, net toe sy wou inklim.

“My motor het voor die motorhuis gestaan nadat ek dit vroeër die oggend uitgetrek het. Ek het iets in die huis gaan haal en gesien ’n vrou staan aan die onderkant van die oprit. Ek het haar ewe gevra om net effens weg te beweeg, want ek gaan nou daar uitry.
“Ek het my kar oopgesluit, my deur oopgemaak om in te klim en tot my skok gesien daar sit in ’n man in die passsasierskant!”

Kyk hier na beeldmateriaal van waar die man in die motor klim:

Die inwoner het dadelik die man gekonfronteer en gesê hy moet uitklim, waarop hy geantwoord het hy wag vir iemand.

“Ek was woedend en het gesê dit is my kar, klim dadelik uit! Ek het die agterdeur oopgemaak om te kyk of daar nog iemand in die kar is en toe ek niemand sien nie, ingeklim, my deure gesluit, my kar in tru-rat gesit en toe ’n foto van die verdagte geneem.”

Die verdagte kon slegs ’n selfoonlaaier uit die motor neem, aangesien daar niks anders in die motor was nie.

Die inwoner het die saak by die polisie aangemeld. “Ek was verbaas hoe vinnig die reaksiegroepe waarop ek is, gereageer het. Die verdagte het wel doodluiters met sy sak weggestap.”

“Ek vermoed die vrou het saam met die man gewerk en dat die motor ge’jam’ is.”

Die inwoner het ander inwoners aangemoedig om insidente van diefstal by die polisie aan te meld. “Dis al hoe daar ’n vonnis kan kom as iemand wel gevang word.”

“Ek wil Inwoners van Vredehoek en Devil’s Peak aanmoedig om by die buurtwag, DPV Watch, aan te sluit.” Klik hier.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App