Inwoner van Kimberley het Kongokoors

Lees ook :

Foto: rsgplus.org
Foto: rsgplus.org

‘n Man van Kimberley (59) is vandeesweek met Kongokoors gediagnoseer.

Kwarantyn

Mark Elliot, ’n administratiewe bestuurder by ’n myn in die Noord-Kaap, word in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in kwarantyn gehou.

Sy vrou, Sharon, sê aan FiND iT hy word by dié hospitaal gehou omdat dié hospitaal ’n afdeling het vir kwarantyn.

Bosluis op hom gekry

“Ons was die naweek by die see in Mosselbaai toe hy ’n bosluis op hom gekry het. Hy het gesê die bosluis was bruin. Hy het Sondag teruggery Kimberley toe, want hy moes Maandag werk. Hy werk op ’n myn naby Koopmansfontein. Dis baie bebos daar, so dis moeilik om te sê waar die bosluis hom gebyt het. Dit kon hom op die myn ook byt en afgeval het.”

Dokter sê dadelik hospitaal toe

Mark het Maandag baie sleg gevoel, sy vergadering op die myn klaargemaak en toe dokter toe gekom. “Die dokter het dadelik gesê hy moet hospitaal toe gaan. Hy is deur ’n spesialis by die Gariep Medi-Clinic gesien. Ek het na hom Kimberley toe gekom, so toe ek terugkom, was hy reeds in die hospitaal.”

Afsondering

Sharon sê sy kan nou slegs deur ’n interkom met Mark praat. “Ek bel hom op sy selfoon. As die personeel met hom werk, moet hulle sulke pakke aantrek wat lyk soos ruimteman. Hulle dra ook maskers. Hy is in afsondering.”

Lulu Mxekezo, woordvoerder van die department van gesondheid in die provinsie, sê dié siekte is op 27 Maart deur middel van bloedtoetse bevestig.

“Die pasiënt word in afsondering by die hospitaal gehou. Almal wat in kontak met hom was, word gemonitor.”

Bid en in die Here se hande

Sharon sê Mark het geen inwendige bloeding nie, wat positief is. “Ons is baie dankbaar daarvoor. Ons bid net en dis nou in die Here se hande.” Syself en hulle een seun, wat in Kimberley woon, word nou vir simptome gemonitor.

Ander word gemonitor

Diegene wat met Mark in kontak was, moet oplet vir simptome soos griep of gewrigspyn, sê Sharon. Sy moet ook twee keer ’n dag haar koors neem.

*Kongokoors word veroorsaak deur die byt van ’n bontpootbosluis. Dis baie aansteeklik. Mark het naar gevoel, het gewrigspyn gehad en het ook ’n hoofpyn gehad.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief