Is die matrieks reg vir hulle resultate?

Lees ook :

KIMBERLEY – Die matrieks se punte kom al vroeg in Januarie uit. Enigiemand wat nou al daar deur is, weet dat hierdie ’n stresvolle situasie kan wees.

Vir Chané Williams van Hoërskool Diamantveld het haar laaste eksamen nie baie verskil van die voriges nie. “Dit het verbygevlieg.” Sy gaan rustig vakansie hou en nie bekommerd wees oor haar resultate nie. “Ek voel heel postitief, want om nou senuweeagtig te wees, gaan niks kan verander aan die punte nie.”

Chané Williams

GF van Zyl voel dat dit redelik goed gegaan het. Hy voel ook nie senuweeagtig nie. “Dis maar net hoe goed die punte gaan lyk wat my laat stres.

GF van Zyl

“Ek voel heel goed oor my punte wat gaan kom,” sê Elbe Oosthuizen.  Behalwe dat die vraestel twee van wiskunde vir haar uitdagend was, was die res vir haar beter as die rekord-eksamen. Sy sien uit na haar vakansie en gaan dit ten volle geniet.

Elbe Oosthuizen

Silje Fredericks van Hoërskool Noord-Kaap sê dat sy tydens die eksamen senuweeagtig was, “maar nou dat dit verby is is ek nie meer so bekommerd nie.” Sy kies om nou op sy vakansie te fokus – sy sal volgende jaar weer aan haar vakansie dink.

Silje Fredericks

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief