Jason Rohde: 20 jaar tronkstraf vir moord op vrou

Lees ook :

Jason Rohde

Die Johannesburgse sakeman, Jason Rohde (50), wat sy vrou, Susan Rohde (47), in Julie 2016 in ‘n hotelkamer by die Spier-landgoed vermoor het, is vanoggend is die Wes-Kaapse hooggeregshof 20 jaar effektiewe tronkstraf opgelê.

Aanklagtes

Rohde, uitvoerende hoof van Sotheby’s International South Africa, is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.  Hy is 20 jaar op aanklag van moord en vyf jaar tronkstraf op aanklag van regsverydeling deur regter Gayaat Salie-Hlophe gevonnis.

Drie jaar van die tweede vonnis sal samelopend met die eerste vonnis uitgedien word, wat beteken dat Rohde effektief 20 jaar agter tralies sal deurbring.

Rohde is ook ongeskik deur die hof verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Wat het gebeur?

Die Rohde-egpaar was ten tye van die voorval by die Spier-landgoed vir ‘n geleentheid. Susan se liggaam is op 24 Julie 2016 agter ‘n geslote badkamerdeur gevind. Sy is met ‘n elektriese koord om haar nek gevind. Die koord was aan ‘n haak agter die badkamerdeur vasgemaak. Rohde, wat ‘n kamer met Susan gedeel het, het gesê dat sy selfmoord gepleeg het.

Die hof het wel beslis dat dit nie moontlik kon wees nie.

Rohde se buite-egtelike verhouding

Rohde het beweer dat Susan woedend was die aand van haar dood  nadat sy geglo het dat Rohde steeds ‘n buite-egtelike verhouding met een van sy kollegas het.

Rohde het in die hof getuig Susan het hom en Jolene Alterskye betrap nadat hy sy vrou verseker het hulle verhouding is al maande verby.

Susan het glo reeds in Februarie 2016 van die verhouding met Alterskye, wat na bewering vanaf Junie 2015 geduur het, te wete gekom. Alterskye was ook by dié geleentheid by Spier.

Rohde-dogters

Luidens ‘n verslag wat Salie-Hlophe in die hof voorgelees het, sê sy dat die dood van Susan elke aspek van hul oudste dogter se lewe verander het. “Sy mis haar ma en die emosionele ondersteuning wat haar ma aan haar gebied het. Sy word elke dag wakker en opnuut besef sy dat haar ma nie meer daar is nie.”

Die egpaar het drie dogters.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App