Jeff Radebe vul Ramaphosa se skoene

Lees ook :

Jeff Radebe, minister van energie, is op die oomblik Suid-Afrika se waarnemende president. 

Die presidensie het in ‘n verklaring, wat Maandag uitgereik, erken dat Radebe die verantwoordelikhede sal aanvaar om die waarnemende president van Suid Afrika te wees in Ramaphosa se afwesigheid. “President Ramaphosa is in Maputo, in die Republiek van Mosambiek, waar hy vir Filipe Nyusi sal ontmoet om streeks- en globale kwessies van gemeenskaplike belang te bespreek.  

Normaalweg sal die waarnemende president van Suid-Afrika die verantwoordelikheid van die adjunkpresident wees, wat David Mabuza is, maar Mabuza is op ’n werksbesoek aan Ethiopië, as deel van Ramaphosa se spesiale gesant na Suid-Soedan. Daarom, vir ten minste ‘n dag, is alle sake wat verband hou met die welsyn van Suid-Afrika in Radebe se hande gelaat.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief