Jong Jacobsdal-seun behaal 2de plek by wêreldkampioenskap

Lees ook :

Schalk Willem Engelbrecht (9), ’n vegkunsstudent van Lessing Martial Arts Academy op Jacobsdal, het ’n silwer medalje by die ISKA-wêreldkampioenskap vir gevegskuns in Orlando verower.

Ongeveer 4500 deelnemers van meer as 30 lande het tussen 4 en 6 Julie die kampioenskap in Orlando, Florida, in die VSA bygewoon.

Shihan Sakkie Lessing, hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse span wat by dié kampioenskap deelgeneem het, sê hy is baie trots op die uitslae van die SA-span.

Lessing sê Engelbrecht het nie net ’n silwer medalje vir deurlopende veg vir seuns tussen die ouderdom van agt en nege verower nie. Hy het ook die eindstryd van die Clash Fighting-afdeling bereik.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief