Jong man in woonbuurt doodgesteek

Lees ook :

Die liggaam van Monnapule Christopher (24) is op Sondag 27 Januarie 2019 met ’n meswond in die veld naby die Madiba-pondokke in Galeshewe gevind.

Sers. Majang Skalkie, van die Galeshewe-polisiekantoor, sê: “Die beweerde mesaanval het tussen 19:00 en 20:00 Sondagaand plaasgevind. Dit word verder beweer die slagoffer is op pad hospitaal toe oorlede. Die polisie ondersoek ’n saak van moord. Geen verdagte is tot dusver in hegtenis geneem nie.”

Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap van Galeshewe vir meer inligting wat kan help om die verdagtes vas te trek. Die ondersoekbeampte, insp. sers. Chrisna von Wielligh, kan by 082 469 0547 geskakel word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief