Didimalo Sebolai (21) is Donderdagmiddag omstreeks 13:30 oorlede nadat hy na bewering deur ‘n bussie op die R31, net buite Kimberley, raakgery is.
‘n Geskokte en hartseer ma, Patricia Kakobe (43), vertel sy en haar seun was besig was om wasgoed te was. “Ek het in die huis gegaan om die ander wasgoed te gaan haal om op te hang toe ek die slag hoor. Ek was skaars twee minute in die huis.”
Rachelle Modise (43), ‘n vriendin van Sebolai se ma, vertel hy is die agtste persoon die afgelope jaar wat op dié pad raakgery is. “Die mense jaag op die pad. Die pad, hy vat baie van ons gemeenskap se mense,” sê Modise aan FiND iT terwyl Sebolia se liggaam van die toneel af verwyder word.
Met die aankoms op die toneel is die bestuurder van die bussie reeds deur die nooddienste na die hopsitaal geneem.