KWAZULU-NATAL. – ‘n Soektog is geloods nadat ‘n man (21) Maandagaand omstreeks 19:00 by die Scottburgh Point-hoofstrand in die see vermis geraak het.
Kevin Fourie, NSRI Rocky Bay-stasiebevelvoerder, sê dié diens, saam met Umdoni-lewensredders en IPSS Search and Rescue, die SAPD se soek-en-reddingseenheid, asook die polisie se duikeenheid, het Dinsdagoggend na die man van aMahlongwana begin soek. ‘n Bemanningslid van die betrokke NSRI-stasie het alarm gemaak nadat die voorval deur ooggetuies aangemeld is.
‘n Polisiehelikopter het Dinsdag aan die uitgebreide soektog deelgeneem. Polisieduikers gaan voort met die soektog.
Medelye is teenoor die vermiste man se familie en vriende in die moeilike tyd uitgespreek.


