Jong man ter see vermis

Lees ook :

Foto: NSRI

KWAZULU-NATAL. – ‘n Soektog is geloods nadat ‘n man (21) Maandagaand omstreeks 19:00 by die Scottburgh Point-hoofstrand in die see vermis geraak het.

Kevin Fourie, NSRI Rocky Bay-stasiebevelvoerder, sê dié diens, saam met Umdoni-lewensredders en IPSS Search and Rescue, die SAPD se soek-en-reddingseenheid, asook die polisie se duikeenheid, het Dinsdagoggend na die man van aMahlongwana begin soek. ‘n Bemanningslid van die betrokke NSRI-stasie het alarm gemaak nadat die voorval deur ooggetuies aangemeld is.

‘n Polisiehelikopter het Dinsdag aan die uitgebreide soektog deelgeneem. Polisieduikers gaan voort met die soektog.

Medelye is teenoor die vermiste man se familie en vriende in die moeilike tyd uitgespreek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief