Jong man vir verkragting gevonnis

Lees ook :

VICTORIA-WES. – ’n 21-Jarige man is tot 25 jaar tronkstraf, vir verkragting en diefstal, gevonnis.

Paul Pieterse (21) het op 19 Desember 2018 by ’n huis in Goutrou ingebreek en ’n vrou verkrag.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê Pieterse, wat ’n mes gehad het, het geld by die paartjie geëis en het later die vroulike slagoffer in die teenwoordigheid van haar kêrel verkrag.

“Pieterse het gevlug en is die volgende dag opgespoor en gearresteer.”

Die beskuldigde is deur die plaaslike landdroshof tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die vonnis is soos volg uitgereik:

  • 12 jaar vir verkragting
  • 10 jaar vir roof
  • 3 jaar vir huisbraak.

Die twee speurders-konstabel, Mojalefa Ignatius Mokitimi en Elack Pietersen, wat hierdie saak ondersoek het, is geprys vir hulle noukeurige ondersoekwerk.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App