“Jy weet jy’s hawt” – al is jy net vyf

Lees ook :

Die vyfjarige Chloe Truter is gaande oor die ‘Gooi jou suiker op my”-sanger Dirk van der Westhuizen en dans en sing graag op al sy liedjies.

Eerste ontmoeting met Dirk

“Nadat Chloe Dirk die eerste keer in lewende lywe by die Gariep-kunstefees in 2017 hoor sing het, het sy gesê dis haar boyfriend,” skerts haar ma, Jolene Truter. Chloe het ook al twee keer saam met Dirk op die verhoog gedans terwyl hy gesig het.

Sy vertel die musiek moet kliphard gesit word sodra Dirk se musiekvideo’s op die televisie is en dan word daar kliphard saamgesing.

Klein maar getryn

Die klein ekstrovert, wat daarvan hou om tussen mense te wees, hou al vandat sy ‘n baba is van musiek. “Sy is gek oor dans,” vertel Jolene.

Maar, die klein meisie, wat haar hare so lank soos Rapunzel s’n wil hê, kan ook maar lekker kwaai wees as sy die dag wil,” vertel maar ma. “Terselfdertyd is sy die vriendelikste klein mensie met ‘n sagte hart wat mal is oor diere.”

Hare soos Rapunzel

Jolene vertel dat Chloe gebore is met niks haartjies nie. “Ons het nog nooit regtig haar hare gesny nie. Ons sny net die punte.” Sy vertel dat Pappa, Leroy en oupa Chris maar baie kwaai is as dit by haar Chloe se hare kom.

Chloe, wat die jaar in gr.R is in Laerskool Newton, is mal oor sushi en enigiets pienk. Alhoewel Dirk haar gunsteling is, hou sy ook van Brendon Peyper en Snotkop.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief