Jy word nou toegesluit as jy dronk bestuur

Lees ook :

Motoriste wat gevang word vir dronkbestuur kan nou onmiddellik na ’n blaastoets vir dronkbestuur in hegtenis geneem word, luidens ’n verslag in die Sunday Times.

Dit word moontlik gemaak deur die Evidential Breathalyser Alcohol Test (EBAT) wat die department van vervoer by verkeersdepartemente regdeur die land gaan instel. EBAT is reeds suksesvol in die Wes-Kaap getoets.

Luidens die Padverkeersbestuurskorporasie (RTCM) kan die nuwe blaastoetsapparaat ’n akkurate lesing van die werklike alkoholvlakke in die bloedstroom van ’n bestuurder bepaal. Dit versnel die vervolging van oortreders. Tans word vervolging vertraag deur hangende bloedtoetse.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App