Kan jy hierdie boer, wat deur sy vriende geadverteer is, se hart verower?

Lees ook :

Foto's: Soos geplaas Boer soek 'n vrou/Vrou soek 'n boer Facebook-blad

Vriende van ‘n boer het op 27 Oktober ‘n humoristiese advertensie vir liefde op ‘n Facebook-blad met die naam Boer soek ‘n vrou/Vrou soek ‘n boer, wat nie te doen het met die immergewilde televisieprogram nie, geplaas. Die vriende van Hartebeespoort het in die ligsinnige, maar goedbedoelde plasing gevra dat iemand hul vriend “kom aanneem”.

Volgens die vriende is die advertensie bedoel “met liefde en ’n tikkie moedeloosheid” deur vriende wat moeg is om hul vriend alleen by elke braai te sien sit – “tang in die hand, hart in stukkies.” In die beskrywing word die hubare man uitgebeeld as ’n lojale, eerlike en hardwerkende “volbloed boer – skaars ras” met ’n goeie humorsin, wat net vir twee dinge bang is: “die polisie en vrouens.”

Sy vriende skryf verder dat hy “huis-opgelei” is, self sy kos maak en sê “sy hande staan vir niks verkeerd nie.” Hulle voeg by dat hy iemand soek “wat nie bang is vir stof, ‘n bietjie chaos en baie liefde nie.”

Die advertensie sluit af met ’n uitnodiging aan belangstellendes om ’n 🌻 te los of ’n glimlag te stuur as hulle dink hulle kan hierdie boer se hart tem. Indien jy hierdie boer is, of weet wie hy is, of selfs een van sy vriende is, maak gerus kontak met Nuusflits.

Lees die plasing hier onder:

Plaas annoniem asb. Dis amptelik — ons sit die ding nou in die mark!! Iemand kom neem hom aan asb.!!! Ons vra mooi!! Hierdie advertensie is gebring met liefde (en ’n tikkie moedeloosheid) deur sy vriende in Hartebeespoort, wat moeg is om hom elke braai alleen te sien sit – tang in die hand, hart in stukkies. Dis nou genoeg – hierdie boer het ’n goeie hart, skoon gewete, en net ’n klein bietjie trauma van die liefde af. Hy’s lojaal, eerlik, hardwerkend en snaaks… maar net bang vir twee goed: Die polisie En vrouens

🐂 Spesie: volbloed boer (skaars ras), 💪 Temperament: Hardwerkend, grappig, effens wild – maar mak met die regte aandag, 🍻 Gewoontes: Braai, kla oor dieselpryse, gee goeie raad teen die vuur ❤️ Spesiale versoeke: Soek iemand wat nie bang is vir stof, bietjie chaos en baie liefde nie, 💬 Hy’s huis-opgelei, maak self sy kos, en sy hande staan vir niks verkeerd nie😉

👉 As jy dink jy kan hierdie boer se hart tem – los ’n “🌻” hieronder of stuur jou CV (of ten minste ’n smile). Ons vra mooi… kom haal hom!

Druk hier om die blad waar die plasing gemaak is te besoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief