KANSA-shavathon: Skeer jou hare vir kanker

Lees ook :

KANSA-shavathon is nog een van Suid-Afrika se grootste bewusmakings-geleenthede om mense wat deur kanker geraak word te ondersteun.

Ondersteuning

Om jou hare te verloor tydens kankerbehandeling is ’n algemene newe-effek. “Om jou hare af te skeer, is ’n simboliese gebaar om kanker survivors te ondersteun,” sê Andries van der Merwe, bemarkingsbestuurder van KANSA.

Om jou hare te kleur of om borg te betaal vir jail and bail is opsies vir diegene wat verkies om nie hulle hare te skeer nie.

Vrywilligers

“Ons het steeds vrywilligers nodig om ons te help op die 2de Maart,” sê Andries, vir wie jy ook kan kontak as jy wil deel wees van die shavathon. “As jy as ’n besigheid wil deelneem sal dit wonderlik wees. Kom in jou korporatiewe kleredrag en help ons uit vir ’n paar uur.”

Wat is nuut hierdie jaar?

KANSA Kimberley het net 50 limited edition shavathon wraps gekry wat mense kan koop, asook shavathon-inkleurboeke vir kinders.

Kontak

Andries en die vrywilligers sal op die 2de Maart by die North Cape Mall, Diamond Pavilion Mall en die Rhodesdene Pick n Pay wees. – Vir meer inligting skakel Andries by 084 242 2220

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App