Ken jou regte: Wat ’n verkeersbeampte nie mag doen nie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Verkeersbeamptes in Suid-Afrika het die reg om padveiligheid toe te pas, boetes uit te reik en bestuurders se rybewyse en voertuigdokumente te vra, maar daar is duidelike perke aan hul gesag. Hulle mag onder meer nie wettiglik onmiddellike betaling van uitstaande boetes by ’n padblokkade eis nie.

Volgens Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS), mag verkeersbeamptes nie ’n geldige rybewys as drukmiddel gebruik, of ’n motoris in hegtenis neem bloot omdat daar boetes uitstaande is nie, tensy daar ’n geldige hoflasbrief of ander wetlike grondslag bestaan. Hy sê voorts dit is belangrik dat motoriste hul regte verstaan om intimidasie te vermy en hulself teen moontlike misbruik of korrupsie tydens verkeerskontroles te beskerm. Daar word ook gewaarsku dat sommige beamptes kontant of e-wallet-betalings eis, of mobiele betaaltoestelle by padblokkades misbruik, wat nie binne die wetlike bevoegdheid val nie.

Motoriste word aangeraai om altyd ’n amptelike kennisgewing te vra indien daar ’n bewering van ‘n boete is, rekords van tyd, plek en beamptes se besonderhede by te hou en nie onder dwang na ’n OTM te gaan nie. Enige onwettige optrede moet aan die provinsiale verkeersdepartement of by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld word.

Die publiek word verder herinner dat betalings teen die kant van die pad onwettig is, rybewyse nie sonder wettige rede teruggehou mag word nie en uitstaande boetes slegs deur amptelike kanale hanteer moet word. Volgens SSS is verkeerbeheer bedoel om die wet te handhaaf, nie om die publiek af te pers nie. Enige beampte wat weier om ’n lisensie terug te gee of kontant langs die pad eis, handel buite sy of haar bevoegdheid en kan van die pleeg van ’n misdaad aangekla word.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief