Ken jy die gevaartekens van ‘n beroerte?

Lees ook :

Deur die gevaartekens wat jou liggaam gee voor ‘n beroerte te ken, kan jy jou of iemand anders se lewe red. As dit kom by ‘n beroerte en hulp kry, geld die beginsel hoe vinniger, hoe beter. Dit is omdat vinnige behandeling die verskil tussen lewe en dood kan maak – of die verskil tussen volle herstel en langtermyn ongeskiktheid.

Hier is die gevaartekens waarna jy moet oplet:

  • Skielike gevoelloosheid of swakheid in gesig, ‘n arm of been, veral aan die een kant van die liggaam
  • Skielike verwarring, moeilik praat of begrip van spraak
  • Skielike probleem in een of albei oë
  • Skielike probleme van duiseligheid, verlies van balans of koördinasie
  • Skielike erge hoofpyn sonder enige bekende oorsaak

Vir die meeste jongmense lyk die kans op ‘n beroerte soos ‘n onmoontlikheid, maar daar is nie so iets soos te jonk wees vir ‘n beroerte nie. Jou risiko vir beroerte verhoog met ouderdom, maar beroerte by jongmense, insluitend babas, kinders, adolessente en jong volwassenes, kom wel voor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief